top of page
IMG_5171.jpg

LEEF KIDS

Kinders is baie belangrik vir Jesus en daarom is dit ook vir ons belangrik om elke geleentheid te gebruik  om kinders te bereik met Jesus se Goeie Nuus.

Ons kinders word groot in 'n uitdagende tyd en dit is vir ons belangrik dat hulle al van vroeg af God se liefde vir hulle sal ontdek, 'n liefde vir Sy Woord sal ontwikkel, en God se stem van kleins af sal leer ken en volg.

Leefkids kom bymekaar elke Sondag tydens ons Leef-byeenkomste.

Leefkids:

Kinders 8-12 jaar oud.

Leefkids Junior:

Kinders 3 - 7 jaar

(kleuters onder 4 word vergesel deur ouer)

bottom of page