top of page
Green Leaves

BYEENKOMSTE

RIVERSDAL

Besoek ons gerus Sondag om 09:30!
Adres: Leef Gemeente, Heidelberweg 3, Riversdal

DSC_0159.jpg

Sondag Byeenkomste

Ons Sondag-byeenkomste is 'n plek vir almal, jonk en oud! As die liggaam van Jesus Christus kom ons saam om Sy naam te prys, saam te dien, saam te deel en saam te groei deur die Woord.

 

Ons byeenkomste vind plaas in-persoon en ons preke kan ook gevind word op ons Youtube-kanaal.

Kinders is altyd welkom in die diens. Daar is egter 'n goed-ingerigte baba- en kleuterkamer beskikbaar vir ouers met kleintjies (0-3 jaar) waar hulle gemaklik die diens kan volg indien hul kleintjies bietjie woelig is.

 

Ons moedig alle kinders 4-12 aan om ons Leefkids program tydens die diens by te woon. Meer oor hierdie program onder Leefkids.

20230604_101223.jpg

Leefkids

As jou kinders 12 jaar of jonger is, dan is ons kinderkerk die regte plek vir hulle. Leefkids vind plaas tydens ons Sondagbyeenkomste.

Leefkids bied ‘n hoë-energie, aksie-belaaide program aan vir alle kinders van 4 -12 jaar oud.  Die program is gefokus om kinders te help om hulle nuwe lewe in Jesus te ontdek.

Leefkids:

Kinders 8-12 jaar oud.

Leefkids Junior:

Kinders 3 - 7 jaar

(kleuters onder 4 word vergesel deur ouer)

DSC_0211.jpg

Leefgroepe

Leefgroepe is die ideale plek om jou geloofswandel met ander te deel, verhoudings te bou en geestelik te groei.

 

Leefgroepe kom bymekaar in Riversdal, Heidelberg en Stilbaai.

Kontak ons om by 'n Leefgroep in te skakel.

295A3160.JPG

Jeug

By Leef is die volgende generasie belangrik vir ons.

 

Leef bied twee jeugprogramme aan, wat alles gaan oor pret, spanwerk, vriende en geloof!

 

Leefjeug:

Graad 8-12

Maandae 18:00-20:00

 

Tribe:

Graad 6-7

Vrydae 17:00-19:00

 

Kontak ons vir meer inligting.

IMG_0764.jpeg

Gebed

By Leef glo ons in die krag van gebed, want ons dien 'n almagtige God!

 

Kontak ons gerus met jou gebedsversoeke

Starting Point.jpg

Starting Point

Starting Point is die wegspringpunt van dissipelskap - Hoe dit lyk om Jesus te volg.

Almal wat Leef Gemeente hulle tuiste wil maak word sterk aangemoedig om hierdie kurses te voltooi.

Starting Point vind plaas kwartaaliks. Kontak ons vir meer inligting.

bottom of page