top of page
Sunrise over the Wheat Field

OFFERGAWE

Ons glo dit is 'n voorreg om te kan saai in God se koninkryk deur finansiële bydraes te maak. Alles wat gesaai word by Leef Gemeente word aangewend vir die werk van die bediening in Riversdal-omgewing en in sendingswerk in Lesotho en Zambië. Ons visie is om meer mense te bereik met die evangelie van Jesus, en dit word moontlik deur almal se vrygewige bydraes. Deur finansieël te gee maak ons nie net 'n impak op 'n verlore wêreld nie, maar ons maak ook 'n ewige belegging in die Hemel.

Matteus 6:19-21 - "Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die Hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees."

Baie dankie vir almal wat 'n bydrae lewer, julle maak 'n groot verskil!

Onthou Paulus se riglyne in 2 Korintiërs 9:6-7: "Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief."

BANKBESONDERHEDE:

 

LEEF GEMEENTE

Rekening: 62004696235

Bank: First National Bank

Takkode: 200313

SNAPSCAN:

Snapscan.png
Building Blocks

BOUFONDS

Ons glo Jesus se kerk gaan oor die mense, nie die gebou nie. Ons glo egter ook dat 'n mooi, goed-ingerigte, netjiese omgewing baie bydra tot elkeen se aanbiddings-ervaring, en gevolglik oopheid om die goeie nuus van Jesus te ontvang en geestelik te groei.

 

Die LEEF BOUFONDS is vir die vergroting van ons ouditorium, parkeerterrein, kinder- en onthaalgeriewe.

Ons nooi jou graag om te investeer in die lewe van die gemeente, asook om 'n erfenis agter te laat vir ons kinders en kleinkinders om op te bou.

Leef Gemeente BOUFONDS

Rekening: 62081092977

Bank: First National Bank

Takkode: 250655

bottom of page