top of page
Arial View of Green Field

WIE IS ONS?

ONS IS FAMILIE

Leef Gemeente is 'n groeiende kerk familie in Riversdal van jonk en oud wat saam passievol is oor Jesus, Sy Woord, en Sy Missie. Ons hou van saam kuier, lekker koffie drink en om saam dieper in geloof te groei. Ons dienste word aangebied in 'n kombinasie van Afrikaans en Engels. 

 

 

Ons Visie: 

Ons leef, sodat ander mense ‘n nuwe lewe in Jesus kan vind,

en saam met ‘n nuwe familie, 'n nuwe doel kan uitleef.

worship
Mountain Ridge

ONS STORIE

LEEF GEMEENTE het in 2015 ontstaan toe pastoorspaar, Simon & Jani van der Pol, na Riversdal gestuur is deur die ASSEMBLIES OF GOD groep, om die bestaande plaaslike gemeente te kom lei. Sedert daardie tyd het Jesus getrou mense kom deel maak van die Leef-familie en het ons nie net gegroei in getalle nie, maar ook saam gegroei in ons liefde vir Jesus, ons liefde vir mekaar en ons liefde vir die groter gemeenskap om ons. 

ONTMOET DIE SPAN

bottom of page