top of page
Green Shadow

ALGEMENE INLIGTING

Wil jy graag meer inligting hê oor enigiets, kontak ons gerus by Leef.

DSC_0028_edited.jpg

Ek is nuut

Welkom by Leef! Ons hoop dat jy tuis voel.

Voel vry om eers net by Leef te besoek.

Ons wil graag met jou kontak

maak en jou ontmoet.

Voltooi gerus 'n CONNECT CARD

tydens 'n Leef-byeenkoms, of

kontak ons by Leef deur

die skakel hier onder te volg:

 

 

DSC_0028_edited.jpg
DSC_0518.jpg
DSC_0518.jpg

Ek wil graag inskakel

Ons is bly dat jy graag by die Leef-familie wil in skakel. Ons glo dit is belangrik vir elke persoon se geestelike groei en gesondheid om slegs by een gemeente deel en betrokke te wees.

 

Jou volgende stap is om 'n Welkom Tuis Lounge by te woon.

Welkom Tuis is 'n geleentheid waar ons jou vrae kan beantwoord en meer inligting kan gee oor wat dit behels om in te skakel by die Leef-familie.

 

Volg die skakel hier onder om

Welkom Tuis by te woon:

DSC_0183_edited.jpg

Geloofsdoop

Jesus gee ons hierdie opdrag:

Matteus 28:19-20 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het...”

Die oorspronklike Grieks vir die woord ‘doop’ in hierdie vers is ‘baptizo’ wat beteken ‘om in te doop’ of ‘te onderdompel.’ Ons doop elke nuwe dissipel van Jesus in water uit gehoorsaamheid aan Sy woord.

Wanneer jy tot bekering kom en glo in Jesus Christus om jou van jou sonde te red, is daar ‘n vernuwing wat plaasvind; ‘n weergeboorte. Met hierdie weergeboorte word jy ‘n nuwe kind van God en jou ou sondige lewe word agter gelaat. Die doop is simbolies van hierdie proses.

 

Jesus se dissipels het hulle laat doop as ‘n teken van hulle geloof in Jesus en hulle nuwe lewe in Christus. Dit was ook die teken dat hulle nou deel geword het van die kerk. (Sien Handelinge 2:41; 8:12; 8:35-36)

DSC_0183_edited.jpg
DSC_0192.jpg

Kindertoewyding

Kindertoewyding is 'n mooi gebruik in die gemeente, waar ouers hulle kinders na Jesus bring. Tydens 'n kindertoewyding beloof ouers voor God en die gemeente om hulle kinders volgens God se weë groot te maak as deel van Sy familie. Daar word ook dan 'n seëngebed oor die ouers en die kinders gebid.

'n Kindertoewyding verseker nie 'n kind se verlossing of redding nie, maar is eerder 'n belofte wat ouers voor God maak om alles in hulle vermoë te doen om hulle kind te leer van God en Sy weg, sodat die kind self soos hy of sy groot word, 'n verhouding met Hom kan ontdek en groei.

DXP00270.jpg

Leefgroepe

Leefgroepe is die ideale plek om jou geloofswandel met ander te deel, verhoudings te bou en geestelik te groei.

 

Leefgroepe kom bymekaar in Riversdal, Heidelberg en Stilbaai.

DXP00270.jpg
IMG_5073.jpg

Dien

Jesus het vir elke persoon geestelike gawes gegee om Sy kerk mee te dien. Ons dien vir Jesus deur ander mense te bedien. Elke volgeling van Jesus het Sy eie 'gatjie' om te vul in die gemeente. Wanneer ons mekaar bedien is ons saam soveel sterker.  Ons wil jou graag help om jou gawes te ontdek en te ontwikkel.

bottom of page