Sondag dienste
Ons Sondagbyeenkomste is 'n plek vir almal, jonk en oud! As die liggaam van Jesus Christus kom ons saam om Sy naam te prys, saam te dien, saam te deel en saam te groei deur die Woord.
Ons dienste vind plaas in-persoon en ons preke kan ook gevind word op ons Youtube-kanaal.
Leef-kids
As jou kinders 12 jaar of jonger is, dan is ons kinderkerk die regte plek vir hulle. Leef-kids vind plaas tydens ons Sondagdienste.
Leefkids Junior is vir kinders 3 - 7 jaar jaar (kleuters onder 4 word vergesel deur ouer)
Leefkids is vir kinders 8 - 12 jaar oud.
Leefgroepe
Leefgroepe is die ideale plek om jou geloofswandel met ander te deel, verhoudings te bou en geestelik te groei. Leefgroepe kom bymekaar in Riversdal, Heidelberg en Stilbaai.
Kontak ons om by 'n Leefgroep in te skakel.