Offergawes by Leef Gemeente
Ons glo dit is 'n voorreg om te kan saai in God se koninkryk deur finansiële bydraes te maak. Alles wat gesaai word by Leef Gemeente word toegewend vir die werk van die bediening in Riversdal en in ons sending werk in Lesotho en Zambië. Ons visie is om meer mense te bereik met die evangelie van Jesus, en dit word moontlik deur almal se vrygewige bydraes. Deur finansieël te gee maak ons nie net 'n impak op 'n verlore wêreld nie, maar ons maak ook 'n ewige belegging in die Hemel.
Matteus 6:19-21 - "Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die Hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees."
Baie dankie vir almal wat 'n bydrae lewer, julle maak 'n groot verskil!
Onthou Paulus se riglyne in 2 Korintiërs 9:6-7 "Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief."
EFT besonderhede: FNB Rekening: 62004696235 Takkode: 200313
Snapscan: